VEILING
WILLISTON: SWARTKOPPIESFONTEIN
BOESMANLAND PLAAS, VOERTUIE & LOSGOEDERE
In opdrag van die Eksekuteur in die BOEDEL VAN WYLE JC LOUW no. 2510/2022 sal die ondervermelde afslaer op
Vrydag 6 Desember 2024 om 10H00 op die plaas SWARTKOPPIESFONTEIN
die volgende te koop aanbied.
VASTE EIENDOM: Gedeelte 1 van die plaas Zwaart Kopjes Fontein no. 79, Groot: 4843.7644 Ha
Ligging: 68 km Noordwes van Williston (Brospan pad) 80 km vanaf Brandvlei. Verbeteringe: Die eiendom is verbeter met ruim woonhuis, (226m²), Staalstoor (161m²), arbeiderswoning en masjienkamer en is opgedeel in 13 kampe, 8 boorgate en 8 windpompe.
VOERTUIE & IMPLEMENTE:
GWM Steed Bakkie (2014), Isuzu Bakkie (2011) (250D)(KB), Nissan Bakkie (1988), Fiat Trekker met stootlem, ghrop, Vuka Motorfiets, damskrop, wolkaste, donkiekar, kompressor, Allan Oxford lusern mes, wolpers, 2 x sleepwaentjies, Miller / Roughneck sweismasjien, staanboor, hoeveelheid gereedskap en los goedere, vlekploeg, 3 x rooikathokke, ou wa, Husqvarna kettingsaag, hoekslyper, houtklampe. MEUBELS: Meat-o-matic vleissaag, Ariston gasstoof, 2 x geweerkluise, Electrolux gasyskas, Trespade worsstopper, Defy wasmasjien, 3 x sideboards, liasseerkabinet, vleisbakke, koffietafels, tuinstel, hangkaste en kombuisware, spieëlkas. VUURWAPENS: 7mm Brno geweer, .22 geweer BSA, .38 rewolwer Luger.
Aflaersnota: Hierdie plaas het goeie gemengde bedekking van gras, bossieveld en brak. Daar was vir ongeveer 2 jaar geen skape op die eiendom. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om ‘n oulike Boesmanland plaas te bekom met ‘n gerieflike woonhuis en voldoende water. Hierdie is ook ‘n geleentheid om goeie plaasgereedskap te bekom.
AFSLAERS VOORWAARDES:
VASTE EIENDOM: 10% van Koopsom teen ondertekening en asook afslaerskommisie. Balans teen registrasie van transport. Rente @ 6% vanaf besit. Volledige afslaersvoorwaardes op webwerf van afslaer beskikbaar.
LOSGOEDERE, VOERTUIE & IMPLEMENTE: Kontant / EFT
BTW: Die Verkoper is geregistreer vir BTW en op alle items sal BTW bygevoeg word behalwe huisraad & meubels. Kopers moet Fica, (ID & bewys van woonadres) dokumente voorsien. Kan vooraf gestuur word aan afslaer.
Vir verdere besonderhede en besigtiging skakel met:
Alwyn Muller (083 6308 940) alwyn@louwenmuller.co.za, Jasper Muller (083 4177 358) jasper@louwenmuller.co.za, webwerf: Facebook: Louw en Muller Afslaers
